In pres. Robert Mugabe se tyd is my land verkrag, skryf Wilf Mbanga, die stigter en redakteur van die koerant The Zimbabwean in ’n kommentaarstuk in Beeld. Mbanga, wat in Brittanje woon nadat hy in sy eie land tot vyand van die mense verklaar is, sê die grondhervormingsplan waaroor Mugabe so toegejuig is, het die lewe van meer as 350 000 plaaswerkers en hul gesinne verwoes. Hulle is onteien en sonder ’n dak oor die kop gelaat. Die plase van miljoene Amerikaanse dollar waarop sowat 3 miljoen beeste was, waarvan 287 000 ha onder besproeiing was, waarop 10 000 plaasdamme en 25 000 trekkers was, is als vernietig.
Meer as 90% van alle Zimbabwiërs voer ’n sukkelbestaan; 70% met minder as 35 Amerikaanse sent per dag. Mbanga sê as Mugabe…