60%
Die deel van die begroting wat aan maatskaplike dienste bestee word, het sedert die nuwe Regering se bewind van 45% tot 60% toegeneem – 15% meer. Daarvan gaan 35% aan die onderwys (minder as die 49% in 1994/’95), sowat 26% aan maatskaplike toelaes (meer as die 21% in 1994/’95), sowat 21% aan gesondheid (minder as die 23% in 1994/’95) en sowat 17% aan behuising (meer as die 7% in 1994/’95). – FastFACTS
53STE
Suid-Afrika het uit die 61 lande wat vergelyk is, van 52ste tot 53ste teruggesak op die wêreldranglys vir mededingendheid. Volgens die IMD Mededingendheidsentrum is die top-10-lande vanjaar Amerika, Singapoer, Switserland, Kanada, Luxemburg, Noorweë, Hongkong, Denemarke, Swede en Duitsland. Volgens prof. Arturo Bris, direkteur van die sentrum, lê die toplande klem op produktiwiteit en doeltreffendheid. – Beeld…