38%
Met die eerste ronde grondeise wat in 1998 gesluit het, is sowat die helfte van alle private kommersiële plase waarop suikerriet aangeplant word, geëis. Die SA Suikerrietkwekersvereniging, wat sowat 23 000 suikerboere verteenwoordig wat saam sowat 20 miljoen ton suikerriet produseer, sê 38% van hierdie grondeise is steeds nie afgehandel nie. – Engineering News
$60 MJD.
Die Internasionale Monetêre Fonds voorspel dat 6 van die wêreld se 10 snelgroeiendste ekonomieë in die volgende 10 jaar in Afrika sal wees. Die regstreekse buitelandse belegging is sowat $60 miljard (R726 miljard) per jaar. Daar is egter vier hindernisse: Swak toegang tot finansiële dienste, swak infrastruktuur, gebrekkige openbare besteding en politieke onrus in sommige lande. – Finweek
41
Die saadmaatskappy, Monsanto, is pas aangewys as een van die 100 beste maatskappye vanjaar…