Internasionaal: Die gemiddelde prys van mielies het met 1,2%, oftewel $1,77/t (R21,02/t), gedaal tot $150,11/t (R1 783/t). Op ’n jaargrondslag is dit 24,1%, oftewel $47,61/t (R565,49/t), laer. Verwagte pryse: Mei – $147,32/t (R1 750/t), Julie – $150,39/t (R1 786/t), September – $153,54/t (R1 824/t), Desember – $157,47/t (R1 870/t).
Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 1,6%, oftewel R41/t, gestyg tot R2 591/t. Geel mielies het met 0,6%, oftewel R14/t, gedaal tot R2 380/t. Op ’n jaargrondslag is dit 1,9%, oftewel R49/t, laer vir wit mielies, terwyl geel mielies 3,1%, oftewel R75/t, laer is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 1%, oftewel $1,89/t (R22,45/t), gestyg tot $192,76/t (R2 290/t). Op ’n jaargrondslag is dit 21,9%, oftewel $54,01/t (R641,50/t), laer. Verwagte…
