54,8%
Op 25 Januarie was die gemiddelde waterinhoud van die vernaamste opgaardamme in die land 54,8%, wat sowat 28 persentasiepunte laer was as die 82,6% in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Die Gariepdam – die grootste opgaardam – is 46,9% vol, die Vaaldam, Suid-Afrika se belangrikste dam vanweë sy rol as waterverskaffer aan die ekonomiese sakekern van die land, staan op 52,6% en die Pongolapoortdam is 48,1% vol. - e-agri
R9,43
Die groothandelprys van diesel het verlede Woensdag weer met 62c/ℓ tot R9,43/ℓ, die laagste vlak die afgelope jaar, gedaal. Volgens mnr. Corné Louw, ekonoom van Graan SA, was die groothandelprys in Februarie verlede jaar, en voor dit in September 2011, so laag. Belastings, heffings en verspreidingkoste maak nou ’n skokkende 56% van die dieselprys uit, en by petrol net…