DIE tabakbedryf het mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, bedank dat hy met die verhoging wat hy aangekondig het, die belastinglas op tabakprodukte op 52% gehou het.
’n Verhoging van 6% tot 8,5% is aangekondig in die aksynsbelasting op alkoholiese drank en tabakprodukte. Die belasting op ’n pakkie sigarette styg met 82c van R12,42 tot R13,24. Mnr. Francois van der Merwe, voorsitter van die Tabakinstituut van Suider-Afrika (Tisa), sê hulle het waardering daarvoor dat die Tesourie besef daar moet ’n balans wees tussen die vlak van belasting en die bedreiging van ’n groeiende, onwettige tabakbedryf. Die wettige tabakbedryf sal vanjaar R12 miljard tot die staatskas bydra.…