Internasionaal: Die gemiddelde prys van mielies het met 0,2%, oftewel $0,28/t (R3,26/t), gestyg tot $152,51/t (R1 776/t). Op ’n jaargrondslag is dit 13,9%, oftewel $24,57/t (R286,19/t), laer.
Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 2,1%, oftewel R58/t, gedaal tot R2 695/t. Geel mielies het met 1,2%, oftewel R28/t, gestyg tot R2 408/t. Op ’n jaargrondslag is dit 15,3%, oftewel R487/t, laer vir wit mielies, terwyl geel mielies 27,6%, oftewel R917/t, laer is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
KORING
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 1%, oftewel $1,86/t (R21,76/t), gestyg tot $195,24/t (R2 274/t). Op ’n jaargrondslag is dit 12,8%, oftewel $28,54/t (R332,43/t), laer
Plaaslik: Die Safex-prys vir koring het met 1,5%, oftewel R60/t, gedaal tot R3 820/t. Op ’n jaargrondslag is dit 1,3%, oftewel R50/t,…
