Internasionaal: Die prys van mielies het met 2,2%, oftewel $3,18/t (R49,80/t), tot $139,32/t (R2 182/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 7,3%, oftewel $10,99/t (R172,10/t), laer. Verwagte pryse: Maart – $140,78/t (R2 205/t), Mei – $142,28/t (R2 228/t), Julie – $144,25/t (R2 259/t), September – $146,61/t (R2 296/t). Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 1,5%, oftewel R74/t, gedaal tot R4 911/t. Die prys van geel mielies het met 2,4%, oftewel R84/t, gedaal tot R3 406/t. Op ’n jaargrondslag is dit 83,9%, oftewel R2 241/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 38,6%, oftewel R933/t, hoër is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 2,6%, oftewel $4,33/t (R67,81/t), gedaal tot $161,44/t (R2 528/t). Op ’n jaargrondslag is dit 12,4%, oftewel $22,91/t…
