MEDITERREENSE druifkultivars, droogtebestande onderstokke en waterbesparende maatreëls is alles maniere hoe Distell, een van die grootste wynmakers in die land, droogtetoestande die hoof probeer bied.
“Suid-Afrikaanse wyndruif-boere moet hulle staal vir waarskynlike weer-uiterstes en hulle beter by droogtetoestande aanpas,” het mnr. Erhard Wolf, verantwoordelik vir Distell se druif- en wynvoorraad, gesê in ’n oorsig oor die pas afgelope parstyd.
“Die projeksies is dat die El Niño-verskynsel nog vir ’n tydjie met ons gaan wees en ons is nie seker of ons vanjaar genoeg winterreën gaan kry nie.”
Volgens hom het Distell die laaste tyd meer Mediterreense kultivars, soos Tempranillo, Mourvèdre, Grenache noir, Graciano en Albarino aangeplant.
“Hulle kan droër toestande beter weerstaan. Dit gaan ook oor diversiteit. In die wynbedryf is dit altyd ’n uitdaging om ’n nuwe handelsmerk op…
