Internasionaal: Die prys van mielies het met 5,1%, oftewel $7,40/t (R106,03/t), gestyg tot $151,39/t (R2 169/t). Op ’n jaargrondslag is dit 2,6%, oftewel $3,87/t (R55,45/t), hoër. Verwagte pryse: Junie – $146,16/t (R2 094/t), Julie – $147,63/t (R2 1 15/t), September – $147,79/t (R2 1 18/t), Desember – $149,99/t (R2 149/t).
Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 0,6%, oftewel R26/t, gestyg tot R4 465/t. Die prys van geel mielies het met 2,5%, oftewel R78/t, gestyg tot R3 183/t. Op ’n jaargrondslag is dit 73,1%, oftewel R1 886,20/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 33,6%, oftewel R801/t, hoër is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 6%, oftewel $10,10/t (R144,71/t), gestyg tot $177,70/t (R2 546/t). Op ’n jaargrondslag is dit 2,9%,…
