INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met 2,8%, of $3,79/t (R53,72/t), tot $137,57/t (R1 950/t) teenoor die vorige week gestyg. Die prys is op ’n jaargrondslag 4,4%, of $6,25/t (R88,59/t), laer. Verwagte pryse: Desember – $138,26/t (R1 960/t), Maart – $141,88/t (R2 011/t), Mei – $144,64/t (R2 050/t), Julie – $147,63/t (R2 093/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys vir wit mielies het met 1,5% tot R4 100/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 1,6% tot R3 340/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 21,7%, of R731/t, hoër, terwyl geel mielies se prys 0,8%, of R26/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Desember – R3 955/t, Maart – R3 350/t, Mei – R2 799/t, Julie – R2 610/t. Verwagte geelmieliepryse: Desember – R3 251/t, Maart – R2…