INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met 2,6%, of $3,53/t, tot $134,04/t (R1 856/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ‘n jaargrondslag is dit 6,7%, of $9,68/t, laer. Verwagte pryse: Februarie – $133,62/t (R1 850/t), Maart – $137,08/t (R1 898/t), Mei – $139,84/t (R1 936/t), Julie – $142,91/t (R1 978/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 1,7%, of R70/t, tot R4 170/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 2,9%, of R98/t, tot R3 242/t gedaal. Op ‘n jaargrondslag is wit mielies 19,9%, of R692/t, hoër, terwyl geel mielies 4,5%, of R153/t, laer is as verlede jaar hierdie tyd. Verwagte witmieliepryse: Februarie – R3 870/t, Maart – R3 300/t, Mei – R2 850/t, Julie – R2 600/t. Verwagte geelmieliepryse: Februarie – R3 160/t, Maart –…