INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met 2%, of $2,67/t (R38,17/t), tot $133,78/t (R1 913/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ‘n jaargrondslag is dit 5,9%, of $8,42/t (R120,37/t), laer. Verwagte pryse: Desember – $1 366/t (R1 945/t), Maart – $139,13/t (R1 989/t), Mei – $141,73/t (R2 026/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 8%, of R300/t, tot R4 040/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 2,6%, of R83/t, tot R3 288/t gestyg. Op ‘n jaargrondslag is wit mielies 25,1%, of R810/t, duurder, terwyl geel mielies 2,4%, of R77/t, duurder is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Verwagte witmieliepryse: Desember – R3 953/t, Maart – R3 778/t, Mei – R2 751/t, Julie – R2 633/t. Verwagte geelmieliepryse: Desember – R3 298/t, Maart –…