INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met gemiddeld 1,8%, of $2,43/t (R33,19/t), tot $140,59/t (R1 920/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 0,9%, of $1,29/t (R17,62/t), hoër. Verwagte pryse: Februarie – $141,57/ t (R1 934/t), Maart – $144,25/t (R1 970/t), April – $146,92/t (R2 007/ t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 3,3%, of R120/t, tot R3 560/t teenoor die vorige week gedaal, terwyl die prys van geel mielies met 2,1%, of R68/t, tot R3 328/t gestyg het. Op ’n jaargrondslag is wit mielies se prys 23,6%, of R1 100/t, laer, terwyl geel mielies 9,8%, of R362/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Februarie – R3 592/t, Maart – R3 456/t, April – R3 186/t. Verwagte geelmieliepryse: Februarie – R3 295/t, Maart – R3 233/t, April – R2…