INTERNASIONAAL: Die prys van mielies het met 0,9%, of $1,33/t (R17,83/t), tot $142,92/t (R1 916/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 2,2%, of $3,13/t (R41,96/t), laer. Verwagte pryse: Maart – $144,56/t (R1 938/t), April – $147,39/t (R1 976/t), Mei – $150,15/t (R2 013/t), Julie – $152,59/t (R2 046/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met R16/t, tot R2 980/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 0,7%, of R21/t, tot R2 951/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 39,9%, of R1 975/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 25,2%, of R994/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R2 905/t, April – R2 637/t, Mei – R2 225/t, Julie – R2 115/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart –…
