INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met $0,24/t (R3,13/t), tot $144,80/t (R1 888/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 3,9%, of $5,48/t (R71,47/t), hoër. Verwagte pryse: April – $148,10/t (R1 932/t), Mei – $150,39/t (R1 962/t), Julie – $152,91/t (R1 994/t), September – $155,35/t (R2 026/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 18,5%, of R535/t, tot R2 351/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 17,7%, of R495/t, tot R2 300/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 20%, of R589/t, laer, terwyl geel mielies 31,4%, of R1 053/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: April – R2 180/t, Mei – R1 974/t, Julie – R1 932/t, September – R1 988/t. Verwagte geelmieliepryse: April – R2 230/t, Mei – R2 099/t, Julie –…