INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met $0,19/t tot $144,99/t (R1 897/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 2,9%, of $4,10/t (R53,64/t), hoër. Verwagte pryse: April – $140,15/t (R1 834/t), Mei – $142,59/t (R1 866/t), Julie – $145,51/t (R1 904/t), September – $148,50/t (R1 943/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 2,8%, of R66/t, teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 2,2%, of R50/t, gestyg. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 52,1%, of R2 485/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 27,1%, of R875/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: April – R2 215/t, Mei – R1 950/t, Julie – R1 908/t, September – R1 956/t. Verwagte geelmieliepryse: April – R2 290/t, Mei – R2 060/t, Julie – R2…