INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met 1%, of $1,42/t, tot $142,79/t (R1 793/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 1,9%, of $2,80/t (R35,17/t), laer. Verwagte pryse: April – $140,62/t (R1 766/t), Mei – $143,54/t (R1 803/t), Julie – $146,61/t (R1 841/t), September – $149,76/t (R1 881/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 19,7% tot R1 750/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 16% tot R1 852/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 63,6%, of R3 053/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 45,3%, of R1 533/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: April – R1 809/t, Mei – R1 722/t, Julie – R1 700/t, September – R1 753/t. Verwagte geelmieliepryse: April – R1 858/t, Mei –…
