INTERNASIONAAL: Die prys het met 1,9%, of $2,70/t, tot $143,30/t (R1 967/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 2%, of $2,80/t (R38,43/t), hoër. Verwagte pryse: Mei – $141,49/t (R1 942/t), Julie – $144,32/t (R1 981/t), September – $147,32/t (R2 022/t), Desember – $151,02/t (R2 073/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 5,6% tot R2 080/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 4,9% tot R2 150/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 55,4%, of R2 587/t, laer, terwyl geel mielies 31,3%, of R980/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Mei – R2 035/t, Julie – R1 993/t, September – R2 052/t, Desember – R2 125/t. Verwagte geelmieliepryse: Mei – R2 101/t, Julie – R2 100/t, September – R2 142/t, Desember…
