INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met 1,2% tot $143,48/t (R1 926/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 3,7%, of $5,45/t (R73,14/t), laer. Verwagte pryse: Julie – $146,21/t (R1 962/t), September – $149,21/t (R2 002/t), Desember – $153,22/t (R2 056/t), Maart – $157,08/t (R2 108/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 1% tot R1 940/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 1,9% tot R2 037/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is die witmielieprys 58,8%, of R2 770/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 36,8%, of R1 187/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Julie – R1 945/t, September – R1 988/t, Desember – R2 070/t, Maart – R2 107/t. Verwagte geelmieliepryse: Julie – R2 055/t, September – R2 085/t, Desember – R2…