INTERNASIONAAL: Die mielieprys op die Chicago-graanbeurs het met $0,99/t (R12,81/t), tot $148,86/t teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 9,8%, of $13,24/t hoër. Verwagte pryse: Aug. – $146,92/t (R1 901/t), Sept. – $152,36/t (R1 972/t), Des. – $156,69/t (R2 028/t), Mrt. – $158,65/t (R2 053/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 1,9%, of R34/t, tot R1 838/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 1,7%, of R32/t, tot R1 952/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 57,4%, of R2 477/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 39%, of R1 248/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Aug. – R1 850/t, Sept. – R1 869/t, Des. – R1 948/t, Mrt. – R1 987/t. Verwagte geelmieliepryse: Aug. – R1…