Action Agri, ’n lid van die Argo Industrial-handelaarsnetwerk, is oorgehaal om trekkers, werktuie en landboutoerusting van bekende handelsmerke, soos Landini en McCormick, te verkoop.
“Ons wil die landbou in Noordwes met die regte trekkers en werktuie ondersteun. Omdat Action Ford nou sy Action Agri-takke op Lichtenburg en Zeerust oopgemaak het, het ons ’n beter platform van waar ons boere kan bedien,” sê mnr. Callie Human, nasionale verkoopsbestuurder by Argo Industrial.
Die Action Agri-takke lewer ook onderhoudsdiens, herstelwerk, onderdele en gebruiksartikels vir dié reekse trekkers en werktuie, soos spuite, strooiers en hooibalers.
Mnr. Paul Vorster, voorsitter van die Action Groep, sê: “Ons wou nouer by die landbousektor betrokke raak. Dit maak sin dat ons boere wat by ons ’n bakkie koop, ook met trekkers en werktuie van goeie gehalte kan help.…