INTERNASIONAAL: Die prys op die Chicago-graanbeurs het met 0,03% tot $144,48/t (R1 924/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 13,8%, of $17,54/t hoër. Verwagte pryse: Sept. – $140,31/t (R1 868/t), Okt. – $145,74/t (R1 941/t), Des. – $150,23/t (R2 000/t), Mrt. – $152,83/t (R2 035/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 2,2%, of R40/t, tot R1 860/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 2,7%, of R52/t, tot R1 980/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 53,6%, of R2 138/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 34,7%, of R1 052/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Sept. – R1 890/t, Okt. – R1 919/t, Des. – R1 967/t, Mrt. – R2 005/t. Verwagte geelmieliepryse: Sept. –…