KOMMER OOR ESKOM SE NUWE TARIEFSTELSEL
Ontevredenheid heers in landbougeledere omdat Eskom, die nasionale elektrisiteitsverskaffer, se huidige tariefbedeling, wat sedert begin 1986 van krag is, nie vir boere verligting bring nie, maar duurder uitwerk.
Só skryf mnre. Nelson Adams, Kaapse verskaffer van son- en windkragtoerusting, en A. du Preez, bestuurder van mediadienste by die SA Landbouunie (SALU, nou Agri SA), in ’n artikel oor Eskom se tariefstelsel vir boere in Landbouweekblad van 23 Oktober 1987.
Voor 1986 het die uitbreidingsgeld (vir die aanlê van kraglyne na plase) vir boere dieselfde gebly danksy ’n regeringsubsidie. Die eenheidstarief wat boere vir elektrisiteit betaal, is van tyd tot tyd aangepas om die opwekkoste te dek.
Volgens die nuwe tariefbedeling betaal ’n boer nie meer sy of haar spesifieke uitbreidingsgeld nie, maar word alle…
