INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,9%, of $1,18/t (R15,99/t), tot $137,05/t teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 1,5%, of $2,05/t, hoër. Verwagte pryse: Okt. – $138,18/t (R1 872/t), Des. – $143,54/t (R1 945/t), Mrt. – $146,92/t (R1 991/t), Mei – $149,76/t (R2 029/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 1%, of R19/t, tot R1 904/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 1,8%, of R36/t, tot R2 002/t teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 45,6%, of R1 596/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 36,8%, of R1 164/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Okt. – R1 856/t, Des. – R1 904/t, Mrt. – R1 952/t, Mei – R2 000/t. Verwagte geelmieliepryse:…