INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met $0,10/t tot $137,76/t (R1 923/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ‘n jaargrondslag is dit 0,7%, of $0,91/t, laer. Verwagte pryse: Des. – $137,40/t (R1 918/t), Mrt. – $142,75/t (R1 993/t), Mei – $146,45/t (R2 045/t), Jul. – $149,21/t (R2 083/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 2,1%, of R41/t, tot R1 980/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 2,6%, of R53/t, tot R2 081/t teenoor die vorige week gestyg. Op ‘n jaargrondslag is die prys van wit mielies 48,6%, of R1 874/t, laer, terwyl geel mielies 36,2%, of R1 179/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: Des. – R2 007/t, Mrt. – R2 051/t, Mei – R2 086/t, Jul. – R2 135/t. Verwagte geelmieliepryse: Des. – R2 111/t,…
