INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,4%, of $0,60/t (R8,54/t), tot $136,51/t (R1 943/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 0,1%, of $0,06/t (R0,85/t), hoër. Verwagte pryse: Desember – $134,88/t (R1 920/t), Maart – $139,91/t (R1 991/t), Mei – $143,30/t (R2 039/t), Julie – $146,29/t (R2 082/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 0,7%, of R18/t, tot R2 028/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 0,9%, of R18/t, tot R2 118/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 45,8%, of R1 712/t, laer, terwyl geel mielies 33,9%, of R1 087/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Desember – R2 043/t, Maart – R2 090/t, Mei – R2 139/t, Julie – R2 174/t. Verwagte geelmieliepryse: Desember – R2 140/t, Maart – R2…
