INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met $2,85/t (R40,90/t), tot $133,66/t (R1 918/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit $0,12/t (R1,72/t), laer. Verwagte pryse: Des. – $135,03/t (R1 938/t), Mrt. – $139,52/t (R2 002/t), Mei – $142,91/t (R2 051/t), Jul. – $145,90/t (R2 094/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 2,6%, of R53/t, tot R1 975/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 1,4%, of R29/t, tot R2 089/t teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 51,1%, of R2 065/t, goedkoper, terwyl geel mielies 36,5%, of R1 199/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: Des. – R1 988/t, Mrt. – R2 041/t, Mei – R2 095/t, Jul. – R2 129/t. Verwagte geelmieliepryse: Des. – R2 105/t, Mrt. – R2…
