INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,4% tot $139,25/t (R1 665/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 3,5%, of $4,99/t (R59,66/t), laer. Verwagte pryse: Mrt. – $140,23/t (R1 677/t), Mei – $143,54/t (R1 716/t), Jul. – $146,69/t (R1 754/t), Sept. – $149,44/t (R1 787/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 2,2%, of R41/t, tot R1 855/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 1%, of R19/t, tot R1 936/t teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 37,4%, of R1 109/t, laer, terwyl geel mielies 33,9%, of R994/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Mrt. – R1 879/t, Mei – R1 933/t, Jul. – R1 981/t, Sept. – R2 035/t. Verwagte geelmieliepryse: Mrt. – R1 950/t,…