INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,8%, of $1,16/t (R13,95/t), tot $142,84/t (R1 718/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 1,3%, of $1,81/t (R21,77/t), laer. Verwagte pryse: Mrt. – $143,93/t (R1 731/t), Mei –$147,00/t (R1 768/t), Jul. – $150,15/t (R1 806/t), Sept. – $152,75/t (R1 837/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 1,3%, of R23/t, tot R1 828/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 1,2%, of R23/t, tot R1 925/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 37,4%, of R1 093/t, goedkoper, terwyl geel mielies 33,2%, of R956/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: Mrt. – R1 843/t, Mei – R1 898/t, Jul. – R1 952/t, Sept. – R1 990/t. Verwagte geelmieliepryse: Mrt. – R1 936/t, Mei – R1 958/t, Jul.…