INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 3,1%, of $4,60/t (R54,90/t), tot $152,16/t (R1 816/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 6,2%, of $8,86/t (R105,74/t), hoër. Verwagte pryse: Mei – $152,99/t (R1 826/t), Julie – $156,29/t (R1 865/t), September – $159,05/t (R1 898/t), Desember – $162,28/t (R1 937/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 3,2%, of R60/t, tot R1 950/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 4,9%, of R97/t, tot R2 055/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 6,3%, of R130/t, laer, terwyl geel mielies 4,3%, of R92/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Mei – R1 974/t, Jul. – R2 021/t, Sept. – R2 065/t, Des. – R2 139/t. Verwagte geelmieliepryse: Mei – R2 087/t, Jul. – R2 109/t, Sept.…