INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,6%, of $0,89/t, tot $153,05/t (R1 843/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ‘n jaargrondslag is dit 6,4%, of $9,18/t (R110,57/t), hoër. Verwagte pryse: Mei – $151,65/t (R1 827/t), Jul. – $154,95/t (R1 866/t), Sept. – $157,71/t (R1 900/t), Des. – $161,41/t (R1 944/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 0,9%, of R17/t, tot R1 967/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 0,7%, of R15/t, tot R2 070/t teenoor die vorige week gestyg. Op ‘n jaargrondslag is wit mielies 5,2%, of R108/t, goedkoper, terwyl geel mielies 3%, of R65/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse : Mei – R1 987/t, Julie – R2 034/t, September – R2 083/t, Desember – R2 151/t. Verwagte geelmieliepryse : Mei – R2 094/t,…