TERUG SKOOL TOE
Die Landbougimnasium Augsburg, Clanwilliam, gooi van vandeesmaand af sy deure oop vir boere, oudskoliere en plaasbestuurders om saam met die skool se landboutegnologie-leerders kursusse in onder meer draadspan en skaapskeer, asook spesifieke kursusse gemik op Dorper- en Boerbokboerdery, by te woon. Die kursusse word met die samewerking van die Wes-Kaapse Boerbokklub (wat van sy bokke daarvoor beskikbaar stel), die Dorpertelersvereniging, Landbouweekblad, BKB, Elsenburg, die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut en die Nasionale Wolkwekersvereniging saamgestel om geakkrediteerde opleiding aan Clanwilliam se boeregemeenskap te bied. Die eerste kursusse was teen druktyd reeds vol bespreek. Besoek bit.ly/2x2bD35 vir meer inligting.
BELASTINGPYNE
Suid-Afrika se verbruikersinflasiekoers het in April tot 4,5% gestyg nadat dit in Maart ’n sewejaarlaagtepunt van 3,8% bereik het. Volgens Statistieke SA was die meeste van die styging weens prysstygings in pryskategorieë…