INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1%, of $1,38/t (R18,69/t), tot $145,71/t (R1 974/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 0,9%, of $1,22/t (R16,52/t), hoër. Verwagte pryse: Sept. – $139,44/t (R1 889/t), Des. – $144,95/t (R1 963/t), Mrt. 2019 – $149,36/t (R2 023/t), Mei 2019 – $152,20/t (R2 061/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 5,8%, of R125/t, tot R2 285/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 4,9%, of R110/t, tot R2 340/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 22,8%, of R425/t, duurder, terwyl geel mielies 18,2%, of R360/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Sept. – R2 317/t, Mrt. 2019 – R2 462/t, Mei 2019 – R2 471/t. Verwagte geelmieliepryse: Sept. – R2 368/t, Mrt. 2019 – R2 512/t,…