INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,6%, of $3,76/t (R54,54/t), tot $141,95/t (R2 059/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 1,2%, of $1,70/t (R24,66/t), hoër. Verwagte pryse: Sept. – $143,54/t (R2 082/t), Desember – $149,21/t (R2 164/t), Maart – $153,93/t (R2 233/t), Mei 2019 – $156,69/t (R2 273/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 4,2%, of R97/t, tot R2 382/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 5,3%, of R125/t, tot R2 465/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 31,2%, of R567/t, duurder, terwyl geel mielies 26,7%, of R519/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Sept. – R2 403/t, Des. – R2 505/t, Mei 2019 – R2 574/t. Verwagte geelmieliepryse: Sept. – R2 468/t, Des. – R2 577/t, Mei 2019 –…