INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,4%, of $0,53/t (R7,69/t), tot $143,40/t (R2 080/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 3,7%, of $5,17/t (R75,00/t), hoër. Verwagte pryse: Oktober – $143,85/t (R2 087/t), Desember – $148,42/t (R2 153/t), Maart 2019 – $151,02/t (R2 191/t), Mei 2019 – $153,14/t (R2 222/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 3,6%, of R85/t, tot R2 451/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 3,3%, of R80/t, tot R2 495/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 27,5%, of R528/t, duurder, terwyl geel mielies 22,4%, of R457/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Okt. – R2 397/t, Des. – R2 451/t, Mei 2019 – R2 539/t. Verwagte geelmieliepryse: Okt. – R2 445/t, Des. – R2 495/t, Mrt. 2019…