INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,5%, of $0,76/t (R11,15/t), tot $144,15/t (R2 115/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 5,2%, of $7,11/t (R104,33/t), hoër. Verwagte pryse: Oktober – $146,92/t (R2 156/t), Desember – $151,73/t (R2 226/t), Maart 2019 – $154,48/t (R2 267/t), Mei 2019 – $156,45/t (R2 296/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 2,2%, of R53/t, tot R2 398/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 2,1%, of R53/t, tot R2 442/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 25,9%, of R494/t, duurder, terwyl geel mielies 22%, of R440/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Okt. – R2 359/t, Des. – R2 442/t, Mrt. 2019 – R2 456/t, Mei 2019 – R2 490/t. Verwagte geelmieliepryse: Okt. – R2 400/t, Des.…