INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,3%, of $1,83/t, tot $140,78/t (R1 947/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 5,6%, of $7,40/t (R102,35/t), hoër. Verwagte pryse: Desember – $145,82/t (R2 017/t), Maart 2019 – $150,15/t (R2 077/t), Mei – $153,14/t (R2 118/t), Julie – $155,90/t (R2 156/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 6,3%, of R145/t, tot R2 429/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 3,1%, of R71/t, tot R2 360/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 29,2%, of R549/t, duurder, terwyl geel mielies 18,7%, of R372/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Des. – R2 455/t, Mrt. 2019 – R2 513/t, Mei – R2 545/t, Jul. – R2 615/t. Verwagte geelmieliepryse: Des. – R2 378/t, Mrt. 2019 – R2…
