INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,2%, of $1,82/t (R25,29/t), tot $150,04/t (R2 085/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 9,3%, of $12,79/t (R177,72/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $148,81/t (R2 068/t), Mei – $152,12/t (R2 114/t), Julie – $155,19/t (R2 156/t), September – $156,37/t (R2 173/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 6%, of R173/t, teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 1,3%, of R36/t, teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 50%, of R1 013/t, duurder, terwyl geel mielies 38%, of R767/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R3 040/t, Mei – R3 081/t, Julie – R3 136/t, September – R3 159/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R2 784/t, Mei – R2 749/t, Julie –…