Die wynbedryf bewys dat dit veel meer finansiële sin maak om die roete na die mark te beheer as primêre produksie, skryf die wynkenner Michael Fridjhon.
Grondbesit was nog nooit maklik nie omdat dit onder meer kapitaal, lenings, gespesialiseerde boerderykennis en gewillige verkopers vereis. Weinig Joodse immigrante wat teen die einde van die 19de eeu in Suid-Afrika aangekom het, het die soort vaardighede en kapitaal gehad om boere te word. ’n Hele paar het egter ondernemings in die drank- en kleinhandelbedryf begin. Dit sluit die Solly Kramers, Benny Goldbergs, Norman Goodfellows, Rebel, Aroma, Drop Inn en Liquorama in. Mettertyd het hulle heelwat beter gevaar as die meeste boere.
Dit is duidelik dat grondbesit nie die enigste manier is om beheer van die kos- en drankbedryf te verkry nie. Inteendeel, die…