INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 3,7% tot $142,29/t (R2 013/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit $9,86/t(R139,51/t) laer. Verwagte pryse: Mei –$142,59/t (R2 018/t), Jul. – $145,90/t (R2 064/t), Sept. – $149,28/t (R2 112/t), Des. – $153,54/t (R2 172/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 4,5%, of R127/t, tot R2 708/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 3,8%, of R102/t, tot R2 598/t teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 38,9%, of R758/t, duurder, terwyl geelmielies 26,4%, of R543/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Mei – R2 758/t, Jul. – R2 805/t, Sept. – R2 870/t, Des. – R2 942/t. Verwagte geelmieliepryse: Mei – R2 628/t, Jul. – R2 638/t, Sept. – R2 702/t, Des. – R2 769/t.…