INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,1%, of $1,94/t (R27,62/t), tot $174,75/t teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 26,3%, of $36,38/t (R517,85/t), hoër. Verwagte pryse: Julie – $166,37/t (R2 368/t), September – $167,87/t (R2 390/t), Desember – $170,07/t (R2 421/t), Maart ’20 – $173,30/t (R2 467/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 2,3%, of R65/t, teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 0,1%, of R2/t, teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 42,2%, of R868/t, duurder, terwyl geelmielies 32,1%, of R695/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Jul. – R2 930/t, Sept. – R2 972/t, Des. – R3 061/t, Mrt. ’20 – R3 070/t. Verwagte geelmieliepryse: Jul. – R2 867/t, Sept. – R2 913/t, Des. – R2 991/t, Mrt. ’20 –…