INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 4,9%, of $8,49/t (R119,72/t), tot $166,26/t teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 23%, of $31,13/t (R438,96/t), hoër. Verwagte pryse: Julie – $171,41/t (R2 417/t), September – $172,91/t (R2 438/t), Desember – $174,09/t (R2 455/t), Maart ’20 – $176,53/t (R2 489/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 0,6% teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 0,9%, of R27/t, teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 46,4%, of R933/t, duurder, terwyl geelmielies 34,8%, of R731/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Jul. – R2 955/t, Sept. – R2 992/t, Des. – R3 079/t, Mrt. ’20 – R3 095/t. Verwagte geelmieliepryse: Jul. – R2 844/t, Sept. – R2 888/t, Des. – R2 970/t, Mrt. ’20 – R2 974/t.…