INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,2%, of $3,09/t (R46,19/t), tot $138,42/t (R2 069/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 0,1%, of $0,13/t (R1,94/t), hoër. Verwagte pryse: Desember – $139,91/t (R2 091/t), Maart – $144,95/t (R2 167/t), Mei – $148,42/t (R2 219/t), Julie – $151,41/t (R2 263/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 2,5% (R69/t) tot R2 702/t teenoor die vorige week gedaal, terwyl die prys van geelmielies met 3,1%, of R82/t, tot R2 578/t gedaal het. Op ’n jaargrondslag is witmielies 11,7%, of 284/t, duurder, terwyl geelmielies 4,2%, of R103/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Desember – R2 781/t, Maart – R2 808/t, Mei – R2 649/t, Julie – R2 624/t. Verwagte geelmieliepryse: Des. – R2 647/t, Maart – R2 651/t, Mei – R2 569/t, Julie…
