INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 3,4%, of $4,98/t(R75,60/t), tot $151,80/t (R2 304/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 5,9%, of $8,41/t (R127,67/t), hoër. Verwagte pryse: Desember – $151,57/t (R2 301/t), Maart – $156,37/t (R2 374/t), Mei – $158,50/t (R2 406/t), Julie – $159,84/t (R2 427/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,2%, of R35/t, tot R2 870/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 2,9%, of R79/t, tot R2 783/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 17,1% duurder, terwyl geelmielies 11,5% duurder is. Verwagte witmieliepryse: Desember – R2 922/t, Maart – R2 915/t, Mei – R2 720/t, Julie – R2 734/t. Verwagte geelmieliepryse: Desember – R2 830/t, Maart – R2 794/t, Mei – R2 653/t, Julie – R2 690/t.
INTERNASIONAAL: Die…