$8,3 miljoen
Mooala, ’n maatskappy van Dallas in Amerika, wat plantgebaseerde alternatiewe tot melk en verromers maak, het $8,3 miljoen (R123,1 miljoen) van die beleggingsfirma Sweat Equities verkry om produkontwikkeling te versnel en sy afsetgebied te vergroot. Die maatskappy is gestig deur mnr. Jeff Richards, wat weens sy laktose-intoleransie suiwelvrye drankies begin prakseer het. Mooala se Bananamilk, gemaak van piesangs, water, sonneblomsaadbotter, kaneel en seesout, is in 2 500 winkels te koop. – Dallas Morning News
R12,9 miljard
Landbou-organisasies het gunstig gereageer op die aankondiging van die ontwikkelingsagentskap Transformation Initiative dat hy R12,9 miljard oor die volgende vyf jaar gaan bewillig om opkomende en bestaansboere te help. Oudminister Roelf Meyer het gesê 450 000 mense gaan na raming voordeel hieruit trek. Dr. Theo de Jager, voorsitter van die landbouorganisasie Saai…