INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met 3,7%, of $4,71/t (R69,59/t), tot $133,16/t (R1 834/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 11,2%, of $16,78/t(R231,13/t), laer. Verwagte pryse: Oktober – $131,49/t (R1 811/t), Desember – $135,27/t (R1 863/t), Maart – $137,79/t (R1 900/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 0,3%, of R10/t, tot R3 840/t gedaal teenoor die vorige week. Die prys van geel mielies het met 2,9%, of R90/t, tot R3 060/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 22,2%, of R698/t, hoër, terwyl geel mielies 5,9%, of R170/t, hoër is. Verwagte witmieliepryse: Oktober – R3 850/t, Desember – R3 880/t, Maart – R3 680/t, Mei – R2 960/t. Verwagte geelmieliepryse: Oktober – R3 070/t, Desember – R3 118/t, Maart – R3 095/t, Mei – R2…