INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met 2,1%, of $2,82/t (R38,62/t), tot $130,34/t (R2 176/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 14,7%, of $22,47/t(R307,75/t), laer. Verwagte pryse: Desember – $132,36/t (R1 813/t), Maart – $136,29/t (R1 867/t), Mei – $138,81/t (R1 901/t), Julie – $141,33/t (R1 936/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 7,6%, of R290/t, tot R3 550/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies is 1,8%, of R55/t, teen R3 005/t goedkoper. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 12,4%, of R393/t, hoër, terwyl geel mielies 2,2%, of R65/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Desember – R3 582/t, Maart – R3 530/t, Mei – R3 000/t, Julie – R2 820/t. Geelmieliepryse: Desember – R3 050/t, Maart – R3 030/t, Mei…