INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met 0,5%, of $0,64/t (R8,64/t), tot $138,03/t (R1 863/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ‘n jaargrondslag is dit 7,4%, of $11,08/t (R149,58/t), laer. Verwagte pryse: Desember – $136,84/t (R1 847/t), Maart – $140,39/t (R1 895/t), Mei – $143,38/t (R1 936/t), Julie – $146,21/t (R1 974/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 7%, of R269/t, tot R3 585/t teenoor die vorige week gedaal. Geel mielies se prys het met 4,1%, of R133/t, tot R3 127/t gedaal. Op ‘n jaargrondslag is wit mielies 12%, of R385/t, duurder, terwyl geel mielies 4,9%, of R147/t, duurder is as verlede jaar dié tyd. Verwagte witmieliepryse: Desember – R3 612/t, Maart – R3 467/t, Mei – R2 752/t, Julie – R2 639/t. Verwagte geelmieliepryse: Desember – R3 138/t, Maart…
