INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met met 0,3%, of $0,43/t(R6,06/t), tot $153,26/t (R2 160/t) teenoor die vorige week gestyg. Op
’n jaargrondslag is dit 3,4%, of $5,04/t(R71,03/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $151,80/t (R2 139/t), Mei – $154,56/t (R2 178/t), Julie – $156,92/t (R2 212/t), September – $156,76/t (R2 209/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 4,1%, of R113/t, tot R2 620/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 2,9%, of R76/t, tot R2 590/t, gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 8,6%, of R248/t, goedkoper, terwyl geelmielies 5,7%, of R158/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R2 623/t, Mei – R2 440/t, Julie – R2 446/t, September – R2 477/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R2 595/t, Mei – R2 483/t, Julie – R2 466/t, September –…